KNALLEND
KNALLEND knallend draai rookspiraal sjor-sjor warrel skadu’s bars grou-grys walms alom morsdood © Eleen Van Deventer Vorster
FLUIT-FLUIT
FLUIT-FLUIT… vandag gaan ek vir jou ‘n sad-sad storie vertel ‘n verhaal van ‘n lewe so grou van pyn soos net in die hel hoe verklank ‘n mens seer hoe verwoord ‘n mens leed van een wat allenig probeer met God die enigste wat weet vandag gaan jy als in skelrooi lees die klein bietjie […]
Liefde is vir die voëls
dis die sout op haar lippe dis die sout oor haar wang en sewe pelikane wat bo Saldanhabaai hang dis die daisies aan die voet van die grys klipkrans en die witkruisarend wat oor die veld swerfdans dis die wolke in die hemel dis die wit teen die blou en ooievaars wat koers verby Darling […]
MOORD SLAGTING
MOORD SLAGTING Moederaarde het senuwees van staal moederaarde het geval vyand het nie op hom laat wag lekker in sy mou gelag geboei en haar verkrag skiet haar koelbloedig op die slag moord het sy nie verwag moordslagting het hy vermag Eleen van Deventer Vorster *Neologisme/nuutskepping: – moordslagting (moord + doodslag); (skiet + skoot) Engels: […]
Aan die slaap
Aan die slaap Terwyl ek nog slaap my oë gesluit agter my geslote deur die nagklanke ver ek onversteur het êrens onbekend ver, ver weg van my ‘n man en pa ‘n vrou en ma ook ‘n kind op ‘n plaas onnodig seer gekry . . . Bebloed en seer diep gesteek, verkrag, vermink tot […]
Steeds
Steeds In die laatnag donker net voor dag se bleek oor die plaaswerf breek het hul ingebreek honde en mense doodgesteek ‘n ou man en sy vrou se lewens gesteel ‘n hele nasie bloedig verder verdeel . . . In die oggend het ons opgestaan oë gevryf en wyd gegaap maar deur dit alles was […]
MY PYN VERDWYN
MY PYN VERDWYN die maan se glans verdwyn bloei my hart om weg te kwyn waarom ruk en pluk jy my jy steek iets weg vir my verlep soos ń roos in pyn soos ń doring steek dit my wat soek jy nou van my ń hart van klip en pyn liegstories bly hier in […]
R.I.V.
spierwit lê leë witmossel skulpe skoon gewas in soutwater deining geskrop deur sandbedding en rotse leë halwe doppe van die verlede wie onthou die glibberige slak met voelers wat daarin was byna geen spoor van hom spierwit lê sand bestrooi oral in weskus tuine op randakkers om mooi te lyk so lyk wit kruise ook […]
Abstrakte kuns
Word die hart deur die verstand aangedryf of word die verstand deur die hart aangedryf ? deur die handewerk van die mens is die begrip “liefde’ deur die wind vergans Wat is Liefde? liefde maak tyd kort maak swaar lig maak donker helder en maak drome ‘n werklikheid Liefde is vertroue onthou jy nog ons […]
Ek was ok sonder jou, tot nou
Jy het my weer ‘n keer …van balans gegooi. Jy het my weer ‘n keer onseker. Ek het gedink jy het van my vergeet. @Anria