Branderwoorde
Vloed en eb beweeg deur siel en gees stort uit oor die strand se lewens sand Branderwoorde bly rol en rol die strand vol maar letters is hol Hul betekenis in tyd hul waarde kwyt op die lyn van verslyt Spoel op spoel bly dit woel maar die hart bly immer koel
Een asem
Diep teug ek tot lug aan my longe lek Dan stadig asem ek uit dat dit gebruik Aansluit by die groot eenheid wat die aard-atmosfeer omsluit ‘n Gedagte flits – deur wie se longe gaan my asem nou rits
Twyfel
O, wat ‘n doring in my vlees om al een te wees wat blykbaar twyfel Wonderskoon die droom om nes die mensdom om my, perfek te troon Ek stap alleen my hindernisbaan van lewensbestaan met vlaktes om my heen Gevul met doringtakke vol trane, twyfel en pyn terwyl ek wag vir sonlig om op my […]
Saggies blom
Sag in bloem van helder groen Die doringboom waar ek woon Dit bot in fyn saggies blom wat op takkies vorm sonder smuk Mag my menswees en my gees nes die stekelboom saggies blom Vertroue en geloof is van my geroof dalk kan groen vir my profeties bloem
Tolbossie
Ek tolbossie oor die sand ongeankerd My spore toegewaai My roete onbespeurd Trippel stippels die enigste aanduiding dat iets hierlangs beweeg het iewers heen
Eensaam
Wanneer die abstrakte afwesigheid van jou frekwensie-draende teenwoordigheid soos bliksemstrale deur my verlate kosmos eggo om verduisterde vlaktes te verlig, weet ek; nou dat jy weg is is alles weer reg. © Caren Kearley Kopiereg Voorbehou
Wie sal verstaan
Wie sal verstaan Wie sal verstaan ken jy my hart vinnig om uit te deel swaar om te ontvang op jou perdjie spring jy al gallopende weg riem telegram berigte doen die ronde sappige skindernuus verkoop as waarheid opgevreet soos soetkoek in kring van spotters skoen aan ander voet trippel soos stout kind blaas op […]
Was daar maar
Was daar maar ‘n land waar drome en verlange kon klots om die voet-end van ‘n rots Ja ‘n plek waar twyfel verdwyn soos mis voor die son as dit vroegoggend opkom Daar waar herinneringe bot in onthou genot en hartseer kwyn in die son se skyn maar realiteit is my lot en als word […]
Vandag se wag
Jy’t geweet ek wag; oopbek soos Bainskloof se klowe vir ‘n ster beligte nag. “Toe lag jy net, soos ‘n Langstraat slet.” My twaalfde uur het gekom en stil-stil gegaan. Klowe het hul howe gebowe, en jy het letsels vol rowe; vars bloed belowe. Nou wag ek nie meer want die seer het geleer om […]
Besoek aan ‘n grafkelder
Wit is die lelies in jou tuin; ek staar verwilderd na die windharp wat sag op jou stoep wanklank soos die giftige wasbleek warmte wat jy eens om my wou walm. Selfs vrede skuil hier in donker skaduwees van tuinstoele wat lustig na mens wink. Ek klop weer aan die toe deur perfek pas alles […]