Besoek aan ‘n grafkelder
Wit is die lelies in jou tuin;
ek staar verwilderd na die windharp
wat sag op jou stoep wanklank
soos die giftige wasbleek warmte
wat jy eens om my wou walm.
Selfs vrede skuil hier in
donker skaduwees van tuinstoele
wat lustig na mens wink.
Ek klop weer aan die toe deur
perfek pas alles in plek,
soos jy altyd was
-jare het tussenin verkalk.
Ek wou eintlik maar net vra
of dit jou ooit pla
dat jy sade in vreemde tuine
sonder sonlig gesaai het, en
nooit eers wees gaan kyk het
hoe hul blomme vrugte dra.
Die deur het toe gebly
selfs die dik gordyne
voor die venster was onversetlik.
Ek het omgedraai,
stadig van die trappies afgewaai –
vormloos vir ewig verdwyn.
© 2017 Caren Kearley
Kopiereg voorbehou
2 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die November 2017 – Oop projek