
Tot weer siens Martie
As jong vrou het jy ñ verbintenis
met jou Skepper en God bekragtig
jou verbondenheid rotsvas geanker
met jou man, jou eggenoot
het julle hande gevat saam Jesus
geseënd om ñ moeder te wees
deur die jare was jy meer op jou knieë
om in gebed vir jou kinders in te tree
meeste van jou tyd aan jou kinders toegewy
ferm, maar liefdevol was jy
die samesyn en kospotte in die kombuis
gebed, groente, rys, aartappels en vleis
die lekker nagereg wat altyd nie kon wag
die klein & agterkleinkinders wat swem en skaterlag
die orde van die dag was gebed se krag
jou vriendskap word gekoester
reeds al is jy nie meer hier
al jou gebede en raad laat aande
of wanneer die nood kom groet het
was jy vir soveel ñ engel gestuur
jou grootste wens en gebed
dat elkeen van jou geliefdes gered
sal word deur Jesus Christus
ons almal saam die Here sal dien
groet ons vir jou nou, tot weer sien.
Liefde
Jou eggenoot, jou kinders,
jou kleinkinders en agterkleinkinders
en vriende.
© 2018 Chantelle Holder
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.