Tweespoor
ń grondpad kronkel
deur oop veld
oppad na boerebeskuit
en soet warm koffie
die sitplekke vou
warm om boude
in die luim
vry atmosfeer
harte stop
lippe stamp seer
in dié eerste soen
sonder sonde rede
oor die winterveld
flits gevaarligte
die gemeenskap nooddienste
is daar om dié pasiente siek te verklaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.