VAN SATYNLAKENS TOT TEERSTRATE
Môre sê
(VAN SATYNLAKENS TOT TEERSTRATE)
Ek is Pitsburg se eie, persoonlike Skarlakenvrou. Maar….. eintlik – die min wat my liefhet en die baie wat my haat ken my as die GhwarriegatQueen – of te wel; die Ashoopkoningin! Nie nou, Bokkie my babie, dis ‘n lang storie. Hmmm, ek kon jou seker uitgenooi het vir High Tea; maar ek doen ongelukkig nie Royal Albert nie – ek’s nie daai soort van koningin nie. Tog; jy’s meer as baie welkom om hierdie heellaaste lewensdans met my te dans.
Ek… Ek het woorde gaan maak van al my Ghwarriegat se vuil, se eina; se mislukte drome – die verlede waaraan staat en kerk my vasgeboei hou; en die woordemaak het ‘n hele outobiografie geword. En hierdie laaste dans van my: VAN SATYNLAKENS TOT TEERSTRATE … Wat amptelik 10 Februarie 2018 te ArtBoxGallary bekend gestel is (my hele wise-ass hart sê dankie aan Malherbe Uitgewers vir die geloof in my en daai Lakens) en uiteindelik is my lag, traan en eina ‘n rêrige boek met rêrige ink op rêrige papier.
Uhm – net so ‘n skeutjie se agtergrond: Dis die storie van ‘n rêrige-êrige dogtertjie (jy mag vir niemand iemand sê nie, nê; maar sy was eers die Koningin van Faikonta gewas) wat met haar Hemelse Hero wou gaan trou het; maar toe kom daai blêrrie 2gat jakkals van ‘n elcheappo en kom steel haar en druk haar in sy vieslike ou gatsak. En daar het hy haar vir 26jaar lank in laat wegverloor raak. Toe word daai dogtertjiekind die dogter en minnares van die duiwel; seker die slegste, vuilste hoer op aarde…. Maar.
MAAR.
Maar toe kom haar Hero, daai Man met Sy Vuurvlam-oë en spierewit, forse, Arabiese resiesperd en Hy kom slaan daai vieslike elcheappo bloedbek EN vat haar weg uit die donker die LIG in; en maak haar Syne vir ewig se altyd plus een hele dag.
En al wil so baie mense haar nie ken nie en maak of sy sommer ‘n weggooi-ding is, maak die baie vernederings en verwerping en slegsê honor bright nie eers saak nie – want daai (nou) groot dogtertjie dans bo-op haar Hero se voete, soos toe sy nog klein gewas het!!!
Daar’s, Bokkie my babie; daar’s nog so baie wat ek kan sê van daai Lakens, maar ek dink ek stel vir Natalie Sue Phillips aan die woord vir ‘n kort resensie:
VAN SATYNLAKENS TOT TEERSTRATE….. Wat n absoluut briljante kragtoer!! Al skeur dit jou hart flenters en ruk jou siel tot stilstand! Maar tussen hierdie oomblikke van suiwer hel, is daar ook soveel oomblikke van suiwer hemel. Skaterlag-oomblikke. Kwaad word-oomblikke. Op jou knieë gaan – vergewe my, God-oomblikke.
En tussen daardie blaaie van hel deurvleg met hemel, ontvou die mooiste en spesiaalste liefdesverhaal wat ek in my hele lewe gelees het! Tussen Liza en Righ – haar stukkie persent gekry Liewe Jesus in ń mensvel, dis sprokies volmaak! En tussen haar en die Messias van God, sy noem Hom haar Hero, haar Lord of the Dance.
DIS N MOET LEES!!! Haar taalvaardigheid is iets wat ek tot op hede nog nie teëgekom het nie: Dit is geheel en al uniek en ongelooflik verfrissend! Dit voel asof elke woord (veral die wat sy self geskep het) met rou passie neergepen is!
Satynlakens is egter nie vir die ‘faint hearted’ of vir iemand wat sonder sonde of enige empatie is nie. Dit is rou, tot op die been eerlik! Die verhaal van ń vrou wat ten spyte van haar swart verlede, van al die wrede vervolging, onmenslike vernederings en verwerping; rotsvas staan. En met haar alles ń verskil probeer maak in mense se lewens. Al moes sy al meer opoffer as wat die meeste mense ooit sal besef!!
Respek Liza Daniells – ek salute jou! Jy is ń ongelooflike vrou wat net die heel beste en die heel mooiste verdien. Ek wens vir jou ń Sprokie, en dat jy altyd op jou Hero se voete sal dans: ń Triomfdans!
En 1000 dankies aan Malherbe Uitgewers – julle het raakgesien wat niemand anders wou nie. Julle verdien ń medalje!
Natalie Sue Phillips
Nouja, dis dan dit; maar voor ekke my Sielsambok (my eie persoonlike pen) neersit, wil ek net mooi vra – seblief, Bokkie my babie; groot seblief, koop my boek en help my om vir elcheappo te wys hoeveel kos die vis in die Kaap!
Van Satynlakens tot Teerstrate is beskikbaar by Malherbe Uitgewers, die link is: https://www.malherbe-uitgewers.co.za/shop/product/331-satynlakens Of email vir mike@malherbe-uitgewers.co.za
En so gepraat van beskikbaar, ek is beskikbaar vir damesoggende, motiveringspraatjies; om my 1Vrou vertoning (ja, daai Lakens is verwerk in ‘n verhoogstuk) te doen of om sommer net saam met ‘n klomp vriende brood te breek oor ‘n pot tee; of ‘n glas rooiwyn.
Kyk mooi na jouself, liewe Bokkie my babie; en mag die lewe vir jou goed wees. En as ek nou mag, ek dare jou om daai Lakens te lees en nie weg te draai van die donkerte wat gaan maak (as ons niks doen nie) dat ons ‘n hele generasie gaan verloor.
HeroLiefnes.
Liza 😘😘😘
SHARE MY POST!!!
Enne o ja; een laaste ps….. Sterretjiebaie se baie dankie aan my Skrywers-ma Heleen en aan daai nugter-digter-bemarker van ons Mike EN aan die hele Malherbe Uitgewers-familie.
Lewer Kommentaar
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.