Jongste aktiwiteit:

verlange (Brons)

die na-wind van jou seil
versteur die blare van my Anthirium;
my oë dors na jou sederhoutboeg
met die stuitige eikehoutroer ongeduldig

salpeter trappe skilfer ongeduldig
na die huppel van jou stap
soos jy vertrek het, is dit hoe jy gaan kom?
die duining voor jou boeg spreek seisoene

gebreekte mas geskeurde seil
frommel my koeverte van wanhoop
toe jy met karveel, fregat en rommel
my soutdam sonder branders versteur

tog … dors my houtvloer
na die druppels van jou storms
ons tafel altyd gereed
vir die samesyn van twee

© Francois Meyer Maart 2022




My naam is Francois Meyer, getroud met n pragtige vroutjie, Jessica. Ek is n trotse pa van vier seuns. Die kewe is ryk aan kosbare waarhede wat ons gedagtes daagliks vul. Soms het ons die moed om dit op papier neer te pen sodat ander dit kan lees. Hoop jy geniet die lees soos ek dit ook geniet!

2 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed