Verleidelik, Ontwykend
Verleidelik, Ontwykend
Jou lippe
is ‘n rosemond
aanloklik,
verleidelik
met ‘n ontwykende meermin glimlag
veilig onbereikbaar op ‘n ruwe Loreleirots
wat matrose doodsveragtend lok
na skeepswrakke se watergraf—
Jou glimlag is so misleidend en
jou lippe bied geen warme kus,
‘n rosemond
aanloklik,
verleidelik maar
koud ontwykend
alleen op jou rots—
Janetta – Helena [Babs] ©
4 Kommentare
-
-
Viooltjie
Dis goed gedoen. Ek hou van die gedig :-)
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
... met ‘n ontwykende meermin glimlag veilig onbereikbaar op ‘n ruwe Loreleirots Hoe mooi!!!