Kriewelrig
Heimwee huiwer om my mondhoeke
want my gedagtes vroetel rond
waar woorde kielie.
My hart glimlag stiller, stil
by onthou van die kriewelgogga
wat jou gekrap het, toe ander te diep kyk.
Kinderlik jou ooglid se pluk,
toe jou hart skrik
by die besef
geluk…ruk skielik weg.
3 Kommentare
-
Evelyn van der Merwe
Uitklophou slot.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
pragtig gepen