Jongste aktiwiteit:

Versadig….

Versadig is die wêreld
soos ñ straatkind
wat weerloos om
die wentelbaan
van soeke niks vind
waar honger jou martel
en jy kop bo water spartel
versadig is jy
want wat jy soek
sal jy nie hier kry
maar die lewe is ñ lied
en die verlede herhaal homself
in wat jy saai
sal jy maai
in die genade draai jou lewe om
vol sirkel
in jou soeke
vind jy die waarheid
in die lig van die versadigde wêreld
vind jy niks behalwe
die jy wat bestem is
om hiernamaals
in die koningkryk te leef
waar jy ontvang word
soos ñ koningskind
om in liefde
Sy genade
te leef
tot in ewigheid.

© 2018 C. Holder




Chantelle Holder is op 3 Oktober 1983 in Evander in die Mpumalanga distrik van Suid Afrika gebore. Sy is die tweede oudste van vier kinders. Sy matrikuleer in 2001 in Secunda en is steeds woonagtig in Secunda. Sy het begin skryf in 2004 om terapeutiese redes en het tot dusver baie bevryding en vertroosting ervaar deur woorde. Sedertdien spog sy met so 1300 gedigte en beoog om heelwat publikasies uit te bring in die komende jare. Chantelle skryf steeds, en hoop om ander deur haar woorde, met inspirasie te vul. Sewe (7) gedigte van haar is al gepubliseer deur die Christian Poetry Association, naamlik: The Greatest Gift - "Thank You Father" River of Life - "Vlieg saam my" Watched by an Angel - "Hooggety" Eternal Voice - "Alleenlik deur U" Shalom - "Dit begin by jou" Journey of Faith - "Geseënde ween" Oasis of Life - "My Kind" Asook ñ enkele gedig in ñ GR. 8 Werkboek: Metamorfose Fase 1 Afrikaans (EAT) Werkboek Gr.8 - "Straatkindertjies" Debuut bundel - Somerreën - ñ Ewige September (Oktober 2015) Haar volgende bundel sal in 2016 gepubliseer word, getiteld Somerreën …. Deur die genade van Bo….

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed