Jongste aktiwiteit:

my Lot

golwe stoot op rondom my
vasgenael sak ek in sand weg
spoedig net my oë wat nog lig sien
asem word vloeibare horte van soutvog
trane vorm onder oë wat reeds nat kyk
ver op strand staan ‘n meeu en wag
ingeburger onder seë van smarte
staan sy en gil haar stille roep
wie is ek – boer of afrikaner
verberg onder kykers
van smaad en haat
terug-kyk
te hard
slegs
een
nuwe
burger
van die Lig
geen herkoms
nodig meer
slegs wat
nou tel
liefde
vir
Hom
die
Lig

©Teárlach




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed