Vreemdeling vir ‘n enkeling
Oor die bleek verlate strand
skryf ek jou naam
met ‘n wit skulp in die soutsand,
want my spore soek
na ‘n tyd en plek
dalk nie eers vir ons bedoel.
Híér oor brekende branders bring
ek vir jou –
saam met die ewige gang van die lewe;
verversde gedagtes
op die skuim van elke nuwe golf
– vang die wind
of my woorde
en begrawe dit in jou eie taalboorde
tot eendag
wanneer jou son
agter my maan verduister
en ons dalk
(net vir ‘n oomblik)
in mekaar se oë kan kyk.
© 2018 Caren Kearley
Kopiereg voorbehou
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.