
Vet Karoo
in snik hitte
en ys koue vier en twintig uur
op grondpad se rant
sit ń piepklein plant vasgevang
klippies verspat
deur ongereelde motorband
lê dit lepel
met die stofpad
die stammetjieblare
wat bruin son brand
en wit ryp in die winter kou
is neffens die stilpad
hier wag hy
vaal onder droë stof
op ń waterspatsel
om doodstil te oorleef
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.