Vir die genesers
My volk is almal krygers. Hulle leef as krygers, veg as krygers, soek na bloed as krygers. Veg vir glorie en vryheid as krygers. Hulle sterf as krygers. En hulle siele word gedra na die Groot Fees anderkant die sonsondergang.
Maar nie ek nie. Ek was gebore sonder die dors vir bloed en geweld. En so het ek my volk se eerste geneser geword. Ek het na die slagveld gegaan om my broers en susters terug te bring sodat hulle nog een keer kan veg.
My volk verstaan nie die pad wat ek gekies het nie, tog probeer hulle. Elke keer as ek by die slagveld aankom vra hulle “Hoekom is jy hier? Hoekom die risiko loop om te sterf? Jou siel gaan tog nie gaan na die Groot Fees anderkant die sonsondergang nie?”
En elke keer antwoord ek: “Julle dink sekerlik nie ek gaan my broers en susters agterlaat nie?”
Een dag word ek deur ‘n pyl getref terwyl ek besig was om ‘n gewonde te versorg. Daar was niemand om my te genees of na my wonde om te sien nie. My kamerade het hartseer om my vergader. My siel het gesink in die donkerte waar geen lig of hoop bestaan nie. ‘n Bodemlose put waar demone aan al die kante gekeer het dat ek kan vlug.
Ek het ineengesak in wanhoop. Ek het vir ‘n ewigheid gewonder of my volk hulle nie-kryger kameraad sal onthou. Toe hoor ek dit. Die bulder van ‘n duisend oorlog dromme. Die oorlogskreet van ‘n naderende skare. Om die bodemlose put het ‘n magdom krygers die demone verjaag. “Kom! Staan op!” Het die krygers geroep.
Dit was my broers en susters. Almal wat ek gered het om weer en weer te veg vir glorie. Hulle het my op hulle skouers gedra na ‘n Groot Fees anderkant die sonsondergang, die reuk van heuningbier en geroosterde lam in die lug.
“Hoekom het julle my kom haal”, vra ek in ongeloof.
Hulle het geglimlag en gesê “Jy dink sekerlik nie ons gaan ‘n enkele broer en suster agterlaat nie?”.
©Riaan Palmer
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.