Jongste aktiwiteit:

volheid

met adrenalien besprenkte gemoed
werk mense daagliks tot vervelens toe
op my duin het dit jare geneem om af te skaal
hoë druk aktiwiteite maak mens afhanklik
van gereelde inspuitings van adrenalien

grys blou reënwolke sweef oor die see
rustige maar goeie neerslag val op die baai
in my gedagtes wonder ek hoekom meeste reën
oor die see self uitsak – asof die see ontkiem
vars water gevul met suurstof verfris

mag die lewe-gewende reën ook lewe bring
aan mensdom wat dommer as dom probeer leef
vars suurstof gevulde reën van wysheid seën
kan dit dalk net help om gedagtes te wek
my duin weergalm van verwagting

©Teárlach




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed