Winterwoorde
Winterwoorde
Wanneer winterwoorde ontwaak
in die arms van ʼn ontslape hart
naas brokkelliefde se puin –
tref-en-trap galgedagtes
ewige letsels van seer
regdeur die wese
waarin afsku ontkiem
Onwrikbaar doelgerig
om liefde die hart te belet,
rondomtalie spyt en verwyt
dawerend in vervoering,
ekstaties om voort te leef
©Loretta Szikra
20190627 – Akroniem
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.