
vrug van die alfabet (brons)
roekeloos doelloos woekerloos
spruit die vrug van lip en pen
deurdag bedag soms met ontsag
saai maai en verraai ons
sonder toom en stiebeuel
dawerende woordmeule
uitgeroep in paragrawe;
verskuild in letterloopgrawe;
tog baar dit lewe
tongbedrewe of geskrewe
folterende waarhede
vir gister en die hede
laat dit sweef oor jou lippe;
bulder vir die golwe van waarheid
dit is die faandel dit is beleid
vir ander prikkels en klippe
© Francois Meyer Mei 2022
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Mei 2022 OOP projek