
Vrypas
Vrypas
Jy,
my vreugde,
my alles,
my sonskyndag selfs deur wolkehemel
het my hart onder beleg geplaas – – –
Bou hoër die skanse
en versterk die omheining,
span die elektriese drade,
sluit die ingange met grendels
en slotte ek soek geen bevryding
en is ‘n gewillige gevangene van
my eie hartsvreugde oor jou aanblik – – –
Jou voetstappe is my bonsende hart
en jy,
jy alleen,
het vrypas,
dra die sleutel daarvan – – –
Janetta – Helena [Babs] ©
2 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Viooltjie
Welgedaan, Janetta. Ek dink dis pragtig :-)