Waarvoor sou ons Lééf ..
Sonder liefde in die lewe,
hoe aaklig sou die nie wees.
As ons foute maak,
leer ons om te vergewe,
maar gaan ons die foute werklik vergeet?
Sê nou ons vergeet die foute,
waaruit sal ons dan leer.
Sonder om dit te onthou,
dan sê ons weer,
“ek bly altyd lief vir jou.”
As daar nie liefde in die lewe was nie,
en gevoelens maak glad nie saak.
Selfs al is daar nie haat,
selfs al is daar nie liefde,
selfs al was daar in die lewe geen gevoel,
hoe sou ons verstaan wat ‘n ander bedoel.
Sou ons glad nie op wolk nommer nege sweef,
en waarvoor sou ons dan lééf?
©Kopiereg – Timothy De Vos Botha – Alle Regte Voorbehou 2016/03/01
12H10nm
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.