Aandete, ontbyt en ander seëninge..
Jy hoor net potte en panne in die kombuis,
ouma is besig om ‘n feesmaal te kook.
Jou pens gorrel van die heerlike reuke wat in die woonstel hang,
ja dit is ‘n gegeurde rook,
as jy van die werk af kom en jy ruik dit,
weet jy versker, jy is tuis.
Vinnig loop jy reguit kombuis toe,
vergeet om die mense te groet wat in die sitkamer sit.
Jy is baie nuuskierig wat ouma besig is om te kook,
al lekker pasta, nes sy weet hoe jy daarvan hou,
almal sit bymekaar, jy’s die man in die huis en begin bid.
Terwyk jy in die sitkamer sit en jou gunseling sepie kyk,
dan hoor jy die borde, soos wat ouma dit uit die kas haal.
Dit is nou aandete, lekker etenstyd,
na jou harde werk vandag, sien jy baie hierna uit.
Ouma kom sitkamer toe gestap en gee vir almal hulle kos,
jy staan op en help vir ouma die borde aandra.
Jy doen dit, daar is ses mense, jy doen di sonder om te kla,
môre oggend ses uur is jy weer op jou pos.
En soos jy weer in die oggend wakker word,
maak ouma jou wakker met koppie koffie,
aan al jou seëninge, is daar niks te kort,
jy word sommer in ‘n goeie bui wakker,
spring dadelik in die stort…..
Nou kan jou skof maar begin,
jy kan nog al die tyd van Sy goedheid sing.
©Kopiereg – Timothy De Vos Botha – Alle Regte Voorbehou 25 Feb 2016 20H50nm
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.