Jongste aktiwiteit:

weer sien

op jou gesig
lê nou spore
van baie jare

in jou stem
lê die klanke
van ervaring

in jou oë
lê die jeug
onblusbaar

wat klanke
vir jou lees
in jou gees

 

ken ek jou
net vir jou
en jou vrou

niks is weg
alles net reg
konstant eg

wat lê nou voor
nog ouer te word
dalk weer te sien

dankie o Heer
dat U ons bewaar
geduldig spaar

©Teárlach.



Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed