wekroep van die see
dit weergalm oor duine
meeue se skrille plesier
fisante se môre groet
wyd en luid kom dit aan
kransduiwe se gebrom
verkondig dagbreek aan
sagte seeluggie trek koel
dra soutgeur en suurstof aan
dit was my longe skoon
suiwer my gedagtes bly
stemme van die golwe
wat donderend verkondig
ruising van see geluide
nag se verblindende taan
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.