Wie
Wie
Wie het my hart dissekteer
geen angina
geen fibrilasie
wel stilstand
uitgeruk uit toraks
are afgebrand
gapend oor die afgrond
dryf leweloos
triomfeer met arm omhoog
in formalien
teug aan jou whisky
tel jou bondels note
grynslag tevrede
verseël my lot
©Berna
26.10.2017
2 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die November 2017 – Oop projek