Verborge talent
My hande lê jou lam
My vingers stram en tam
wat jou tot stomheid slaan,
wagtend, mank in stilte
gesmoor tot geen klank
is jou simbole op papier
slegs swart en wit etse
van leemtes en spasies
Sou ek maar kon slaag
om my vingers te waag
en jou sleutels te behaag
in identiese kleure geskakeer
Ja, ook swart en wit gedrapeer
in ‘n ry wat klanke noteer
in do, re, me, fa, so, la, te, do
wat soveel melodieë opgesluit hou
maar nou…
verstil en verflou
‘n gegewe talent
verborge in ‘n kis
wat in gister rus
omdat ék te besig is
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.