Môre wêreld
Dalk…in my môre wêreld
sal die skemer nie weer
oor die horison brander
en nie weer eb
met my drome
in sy arms
Dalk…bly die son
heeldag net by opkom
om lig te reën
oor die aarde wat stom
in die helderheid
en skyn wat aanhou blom
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.