Winter
krappend raas blare
teen geute terwyl
reën drup-drup op
dakke neerplons
straaltjies water teen
ruite af stroom
winterkoue sny
deur murg en been
dis tyd vir koffie
melkkos
sop
vars gebakte brood
wanneer die
winterkoue knypend
aan jou lyf
vasklou
©Jessica Venter
17/05/2017
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.