Grootouers en kleinkinders
ouma en oupa is God se bederf
vir hulp om liefde uit te kerf
in hul kleinkinders se harte
deel hul in vreugde asook smarte
vir ewig op hul hartstroon
is kleinkinders soos ‘n koningskroon
soos die aarde se sout
is grootouers meer werd as goud
©Jessica Venter
10/05/2017
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.