Tsoenami
op Tahiti se strand
het ons vier gestap
hand aan hand
toe golwe ons tref
ek het jul vasgegryp
krampagtig vasgeklou
water is soveel sterker
jul is onder water toegevou
jul is weg geruk
my lieflingvrou, my dogterkind
onder watermassa in gepluk
verlore in ‘n watergraf
nooit het ons gedink
dit sou ons einde wees
ons moes voortgaan
met stukkende siele, gebroke gees
meer as tien jaar is verby
nooit is jul gevind
vir ons dogter moes ek staande bly
na tsoenami ons gesin verwoes
©Jessica Venter
22/05/2017
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.