Jongste aktiwiteit:

Feesviering

vroegaand
waar dolfyne giggelend in golwe baljaar
en die see kalm
sy branders ligvoets oor strande laat draf
wagtend vir eerste tekens van
sterre wat geheimsinnig knipoog
waar jy jou geheime kan deel
terwyl maan fluisterend water skep
en winde saggies ‘n wiegeliedjie sing

soos golwe dansend in die wind
vroegoggend gaan roep
en wolke soentjies blaas
op ‘n nuwe dag
trippel die son nader
om saam
fees te vier

©Jessica Venter
03/06/2017




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed