Winterwals
met winter se wilde winde
ruk-en-rol sy ysige wals
waar hy om die hoekie kla
oor die sware las
wat hy moet dra
windpomp huil tjir-tjoer, tjir-tjoer
oor die somer se droogte wat hy moes aanskou
terwyl die reën in seënstrome neer veer
winter sug moedeloos
en smyt sy sneeujas op ’n bondel neer
niemand hou van sy koue ritme
hierdie winterwals is vals
©Jessica Venter
15/07/2020
2 Kommentare
-

Koos Elsum
Dis altyd lekker om ander se gevoel oor iets te ervaar en in jou gedig is die winter so goed uitgebeeld. Ek hou toevallig vd winter met sy wind op die Wes Rand... Jou ritme is so goed. Dankie vir FB ondersteuning vir Die Nut Ons leer deur te ander te lees en kommentaar te lewer. Ek het onderneem om ń kommentaar telling teen 10% of beter vd aantal eie plasings te onderhou. Kan ek vra dat jy dieselfde doen en so die Ink ervaring vir almal te verryk.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Julie 2020 – Klanknabootsing projek