wolke
my duin is skemer
van wolke wat oor vlieg
dit bedek die horison
en bring stilte
oorkant riviere
hang die aasvoëls
oor slagtings fees
mag die wind red
sweef my siel oor berge
sien hy oorlogswolke donker
sien hy bloed dorstigheid
barbaarse zombie impie
op my knieë staan ek
sodat ek die grond kan sien
waarin ek eendag sal rus
na wolke verwaai en blus
bo my sweef die meeue
in skrille sirkus van pret
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.