Wroeging van ‘n talentverlate skrywer (Goud)
ink my met jou kodevog hier midde-in jou aftog
dat ek in die jare van my wegbly in jou voorhuis kan vertoef
spykerhang gemuur teen die afguns van my drifte
sal ek paletgeskryf en raambevang jou lende kom bedroef
wens jou verhale aan my toe in tikmasjien traktate
as jy in die laatlig van die afdraaison my afkykoë vermy
starend deur die stekelstof sal ek sinne oor jou gluur
wat die skrifsels van jou maaksels tot letterploet kasty
ek sal in onbenulstagnansie, weerstandig teen vergeef
uitverkoop in wete, verdoemend weens my wroeg
in kort goedkoop drinkwynsessies, deur papirusrolkonkoksies
van my eie muse swoeg
A Fourie
(Seirdna)
2021.05.06
4 Kommentare
-

morne du preez
Mooi Andries, ek hou van letterploet watse interessante woord.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Mei 2021 – OOP projek