Erfenis (Gedig aan ons land) (Goud)
het jy nog ‘n lente oor in jou
‘n lente wat weer blomme vas kan hou
wat al jou beddings nat laat reën
en die nanagsleep in jou
laat blink in skitter môredou
het jy nog ‘n somer
in die herfsdeel van jou hart
wat, al lê die winter woes en wag
in kluimgebied en ryp
nog steeds na helder sonskyndae
en bloeiselblos kan gryp
al is dit net uit ‘n dagblik
van ‘n droomtydstip gevang
uit die kloue van die kake
van jou diepste donker mag
waar jou sinne se gesprekke
nog in nagparkades wag
as jy nog het
roep dit ten laaste
in jou swanesang oor my
dat ek ‘n loflied as ‘n offer
uit jou erf’nis kan bevry
A Fourie
(Seirdna)
2021.04.30
2 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Mei 2021 – OOP projek