Yskas dief
Yskas dief
Deur: Ryno du Plessis
Donker nag, almal slaap. Jy gil my naam.
Angs kryp my vas, jy maak van jouself ʼn las.
Ek stap nader, jy fluister harder. Die spyskaart – alles dra my naam.
Dieet slaap sag, bloeddrukpil moet wag.
Sjokolade roep, stukkie tert vra hulp. Ek kan die kreet nie ontglip.
Ure later vergader die familie.Wie was hier? Die yskas dief!
© Ryno du Plessis 2026
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.