Jongste aktiwiteit:

´n Gevoude duif

´n Gevoude duif

As nog ´n naat vou
bars daar in hierdie mens, ekke,
´n papierduif los
en vlieg my lief, vir jou
tot teenaan die verste oop en
op en op en selfs hoër
en hinter teen die hoop
dat vere werklik vlerke word.

Dit is beloof aan ieder wat lief
dat tot die dood niks sal skei
tussen goed en welgevalligheid –
maar bewaar jou hart
want nie elke kanselsweer
word soos vere, vlerke nie.

Vrede in my wel
is origamies belief
en sonder jou aksies
sal ´n gevoude papier
nooit as duif kan vlieg nie.

© Eduard Smith




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed