Jongste aktiwiteit:

MY MA SE LIEDJIES

MY MA SE LIEDJIES

My ma maak liedjies;
die kos brand aan.
Sy sit net en kopkrap –
die wêreld kan vergaan!

Ma, maak heel my klere;
ek loop al kaal.
Ag nee, my kind, ek kan nie –
‘n liedjie gaan ek haal!

Ou vrou, ek is nou honger;
kom maak tog kos.
Ag nee, my man, ek kan nie –
‘n liedjie is jou kos!

Suster, bak ‘n koek, ‘seblief;
ons hou basaar.
Ag nee, Mevrou, ek kan nie –
‘n liedjie neem ek daar!

Jy sê jy wil kom werk, Mevrou?
‘n IK-toets vir jou.
Ag nee, Meneer, ek kan nie –
‘n liedjie gee ek jou!

My ma maak liedjies;
die kos brand aan.
Sy sit net en kopkrap –
die wêreld kan vergaan!




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed