Jongste aktiwiteit:

ZELDA HFSTK 14

“Liewe dagboek. Vandag ses maande getroud en nie swanger nie. Ek voel skoon moedeloos dagboek, is die lewe dan nou besig om my laaste droom te ontsê?
Ek hunker so daarna om swanger te raak maar dit gebeur net nie. Ek kan nie dink wat fout is nie, sal seker moet dokter toe gaan.

Ma Sharon, wat so twee maande na ons getroud is met haar vriend, Koos du Plessis, was vandag hier en het my vertel dat sy swanger is. Kan jy dit nou glo, vyf en veertig jaar oud en swanger. Hoe wreed kan die lewe wees. Op haar ouderdom maar ek moet seker maar vrede maak daarmee. Ek gun haar dit want Koos het nie n erfgenaam nie. Sy reken ek is te oor angstig. Sy en Koos het niks beplan nie en kyk nou”.

Dagboek dit sal vir my n bittere slag wees as ek nie kan swanger raak nie, ek weet nie wat ek dan gaan doen nie. Ek wil nie eers dink aan aanneming nie, ek wil my eie kind hê, my en Paul se vlees en bloed.

“Ons het alles wat ons wil hê maar dit kan nooit die gemis aan n kind van my eie vul nie”.

Moedeloos kyk Zelda na Paul, wat agter haar kom staan het in die spieël. Oor haar skouer lees hy wat sy geskryf het en dan sit hy sy hande op haar skouers: “Blommetjie dit sal kom, jy is dalk net te oorhaastig dink ek, ma Sharon is heeltemal reg”.

Zelda kyk Paul diep in die oë: “Ou grote, ek gaan more dokter toe dat ons kan probeer vastel wat fout is. Sal jy jou ook laat toets, ons moet nou werk maak hiervan Paul. Ek wil nie soos my ma op vier en veertig swanger raak nie. ek wil my kinders nou hê, ek word darem ook al sewe en twintig en jy een en dertig. Die tyd stap Paul en ek wil net eenvoudig nie langer wag nie”.

“Dit is goed so Zelda, ek sal saam met jou gaan dat ons vir die nodige toetse kan gaan om vas te stel wat fout is met ons”, antwoord Paul haar wat haar teen hom vasdruk.

“Paul ek is bang daarvoor. As daar fout is met een van ons twee sal ek dit nie kan oorleef nie. Dit is die wreedste slag wat die lewe my kan toedien”, antwoord Zelda terwyl die trane in haar oë biggel.

Paul vryf haar liggies oor die rug en streel haar hare: “Blommetjie ek is seker daar is nie fout met een van ons twee nie, ons is oorhaastig. Kom ons gaan slaap en dan reël jy more vir ons n afspraak by die dokter om die nodige stappe vir die toetse te begin neem”.

Vroeg die oggend reël Zelda n afspraak by Dokter Ingrid van Zyl en word hulle later die oggend in haar spreekkamer sit gemaak.

Toe sy hulle te woord staan tel Zelda hulle probleem aan haar en is haar antwoord nadat sy heelwat vrae gevra het: “Ek gaan vir julle n afspraak in Johannesburg reël by n vooraanstaande ginekeloog, dokter John White. Hy is baie goed en sal al die nodige toetse kan doen mevrou. Ek sal skakel en vir julle laat weet wanneer julle daar moet wees maar ek gaan julle albei ondersoek om seker te maak dat julle gesond is”.

Na die ondersoek, Paul is laaste, laat sy hulle aantrek terwyl sy vir hulle wag en sommer deur die skerm gesels: “Julle is altwee blakend gesond. Ek skakel sodra ek die afspraak gereël het mevrou maar ek persoonlik dink dat julle dalk nog so drie maande moet wag. Jy is dalk te oorhaastig mevrou. Ek weet van baie vrouens wat nie dadelik swanger geraak het nie en dan tog na n jaar of wat swanger raak. Dink mooi voordat ek die afspraak reël want dit gaan n duur proses wees om al die toetse te doen”.

Zelda kyk vir Paul agter die skerms terwyl hulle hulle laaste klere aantrek: “Hoe voel jy ou grote, wat moet ons doen”, vra sy.

Paul antwoord nie en toe hulle uitstap sê hy vir die dokter: “Ek dink ons wag nog so drie maande. As sy in hierdie drie maande nie swanger raak nie dan gaan ons vir die toetse”.

Die dokter groet en hulle ry in stilte terug werk toe. By die werk gekom praat hulle nie veel nie en bespreek hulle die dag eers toe hulle die aand in die bed is. Vir Paul is dit of Zelda nie gelukkig voel oor sy besluit nie maar nadat hy ernstig met haar gepraat het is dit tog of sy tot berusting kom.

Tyd gaan vinnig verby en is dit twee maande later wat Zelda n ligte naarheid ondervind toe sy die oggend opstaan. Sy steur haar eers nie daaraan nie en dink dit is dalk maar iets wat hulle ge eet het. Sy is te bang om Paul te vra hoe hy voel en is dit toe hulle by die werk kom en sy op die kalender kyk wat dit haar soos n weerligstraal tref, sy het haar maandelikse tyd gemis en is al twee weke oor haar tyd.

Dit is of n opgewondeheid van haar besit neem maar sy sê Paul niks daarvan nie. dit is toe sy die volgende oggend weer effens naar voel dat die besef dat sy werklik kan swanger wees by haar posvat. Sy hou egter die geheim vir haarself.

Die naarheid word egter al erger elke oggend en besluit sy om n swangerskap toets op haarself te doen en kry sy die nodige by die apteek. Die toets is positief en voel sy n blye opgewondenheid in haar opstoot maar hou dit nog vir haarself.

Daardie aand skryf sy in haar dagboek: “Liewe dagboek.. Ek het jou mos vertel dat ek soggens naar voel. Wel dagboek ek het vandag n swangerskap toets op myself gedoen en dit is positief. Ou plattes is swanger. Ek wens ek kan daardie meisies wat my so gespot het almal kan bymekaar kry as ek begin swell om hulle te wys dat ou plattes toe n man gekry het en swanger is”.

Sy hou dit egter nog steeds vir aarself en reël sy sonder Paul se medewete vir haar n afspraak by die dokter.

Na die ondersoek en die nodige vrae gaan sit sy voor Ingrid van Zyl se lessenaar wat vir haar n warm glimlag gee: “Mevrou Marais ek het vandag vir jou baie goeie nuus. Jy is sewe weke swanger soos ek dit nou hier sit en uitwerk”.

Zelda voel lam, uiteindelik is sy swanger. Sy hoor skaars wat die dokter alles verder te sê het want sy kan nie wag om by die werk te kom nie. Sy sal Paul vanaand as hulle in die bed lê vir Paul die nuus vertel.

Terwyl Paul die aand stort skryf sy gou in haar dagboek: “Liewe dagboek ek is swanger. Ja dagboek die dokter reken sewe weke al. Dagbeok weet jy hoe voel dit om te weet dat jy n groeiende lewetjie in jou ronddra? Dit is n wonderlike gevoel dagboek en dink net my grootste droom ooit gaan bewaarheid word, n kind van my eie wat ek ek kan troetel en al die liefde kan gee wat ek nie gehad het nie. Paul weet nog nie dat hy gaan pa word nie. Ek gaan hom vanaand vertel dat hy versigtig moet wees met my”.

Die aand toe hulle styf in mekaar se arms is en aul haar begin liefkoos knibbel Zelda hom aan die oor terwyl hy haar rug streel: “Ou grote, jy moet versigtig met my. Ek was vandag by die dokter en sy het bevestig dat ek sewe weke swanger is”.

Paul se hande kom tot stilstand op haar rug asof hy nie glo wat hy gehoor het nie en al wat hy uitkry is: “Hoe het jy nou gesê”.

Zelda trek hom stywer teen haar vas: “Hoop nie jy is besig om doof te word nie. Ek het gesê ek is sewe weke swanger ou grote”.

Dadelik wil Paul aan haar begin voel of hy iets kan voel maar keer sy laggend: “Stadig ou grote jy is te haastig”.




Dit is vir my n passie om die ou spoorwegera op skrif te laat herleef en lewendig te hou want dit is n era wat verby is. Deur my spoorwegstories en verhale poog ek om hierdie era lewendig te hou. Ek skryf egter ook ander verhale en stories om aan die skrywersdrang in my uiting te gee

5 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed