‘n Gedagte weg
Ek is jammer jyt vergeet hoe liefde voel Ek is jammer dat ‘n dag so seer kan wees Ek is jammer jy moes soveel aande skree-bid en sonder antwoorde jouself aan die slaap huil Ek wil he jy moet sterk staan En als onthou wat ek jou geleer het Anders was my tyd saam jou […]
Ons land brand
Die vlerke flap fladder-fladder, terwyl spiere oor vlerkspan in harmonie saamwerk, om so, deur die lug te trek. Die lug stroom, asof in droom om vaart belynde vorm en ‘n mossie swiep vinnig verby om seerkry te vermy, maar in jou kyk is waar die aarde in veelkleur resoneer wagtend met asem…opgehou vir die oomblik […]
Sorrie
“Ek vra: Het djy maskien passeerde nag die dood se pêrre ingewag dat djy vandag so dikbek hang? Want hoekom is djou lip so styf getrêk soos styfgespanne voëltjiesrêk of waterskilpadvasbytbêk?” (…Ek siet die grafnismense loep ve’by in Winkelstraat, hoor hoe gladbêk hulle oor die vrou wat dood is praat en elle’s kweel ‘n tjind […]
Hardekool
statig onder skelle Bosveldson staan jy in trotse saluut met kroon in eerbied gebuig blare wat fyntjies na vlieswolke loer ‘wyl tak-arms malvalekker-wolke in liefde streel grondlangs kruip grasspriet wyd in die Heer se genade om rante van wild se voetval pad in gebed te omsoom © Anzé Bezuidenhout
Rou emosie
in die na-nag wil ek jou aura met vetkrytpunt in reënboogkleure oor handgemaakte sy-papier kom skets, so jou siel vasbundel met die ink van my pen op lelieblank papier met rou emosies wat eb en vloed en oë wat net vir jou alleen gloed © Anzé Bezuidenhout
Gedagteflits oor Amakeia
(Met respekvolle erkenning aan die ‘Minnesanger van die Suikerbosrand’ en deurentyd gedagtig aan Johannes15:13) In die vroegbreek van die donker was jul tweetjies nie te skei toe die spiese van die horde vlymskerp deur jou liggaam sny, want getrou aan jou belofte op ‘n sterwend’ moeder-smeek, offer jy jou moeë liggaam vir die assegaai se […]
ROND GENOEG.
Saterdagoggend. Bokka is nie hier nie, maar om langs die see en al met die strand langs te stap, voel ek sy teenwoordigheid in die gees. In my kop gesels ek met hom. In my ore hoor ek hom antwoord. Agter my ooglede sien ek hom. Daar is geen rede hoekom ek haastig moet raak […]
Ftisis
My Bosveldland groei uintjies blaargekrul in leeuspore lank reeds toegewaai en tussen opslaangras en vloeispaatrif rank wurgend sandappels in son se braai. My Bosveldland verskraal as winters kom, maar dan dos bergalwyn in karmosyn en blare roes tot gespikkelde vaal en die Suidwind verkluim die son se skyn. My Bosveldland sweet as die Somers brand […]
GEBED VAN ‘N MA VIR HAAR VOLWASSE KIND
GEBED VAN ‘N MA VIR HAAR VOLWASSE KIND Al kan ek jou nie meer, soos lank gelede, aan my boesem hou, kan ek nog steeds, in die gebed, my arms om jou vou.
Vraag.
Ek vra hier, want ek weet nie waar anders nie. Hoe maak ‘n mens kontak met bestuur en admin van Ink?