Ewenaar van ons dink
soos ‘n brandsiek koud-kry brak kom huil die klam winterwasem om die huis se westehoek, dit rittel en beef en vat-vat aan die naat van my corduroy-broek maar, in die glinster van my sjerrieglas vonkel sillabes van jou dink se loop en ontbrand as weghol vure wat warm deur my are bruis; kruis en dwars […]
Miss en die perskes
Die eerste keer toe ek by daardie robot stop, ingedagte met my dagboek wat wag op my lessenaar, hop ek soos ek skrik toe hy sy droë snotneus gevreetjie by my ruit druk. Ek sien eers die vuil neus en toe die bloedrooi sakkie perskes. Hy lag vir my groot skrik. Vies kyk ek rondom […]
Gister se spoke
Ek onthou toe ek my eerste “iets” verloor het. ʼn Hele twee rand, by die hoek kafee van die Portugees. My broek se sak was leeg toe ek my chips en los lekkers wou betaal. Ek onthou presies waar. Op die ander hoek op pad na die kafee was ʼn Rooms-Katolieke kerkie. My broer het […]
Somer, sal jy?
Jou stem is stil en die nanag kil, sonder jou, om aan vas te klou, met die drome van die bose . . . is nag hel, te erg om te vertel. Met trane van ys as die bewys van ‘n winternag sonder gelag, en vra hy, moet hy vir ewig ly . . . […]
Boemelaar
met jou ou flenter-vodde hoed oë stokstyf starend na niks diep-kerf plooi vergete gisters en hand wat bedelend bewe hoekom so mors met jou lewe steeg en karton is jou woning daar’s vir jou geen ander plek hoeveel lang, koue winters lê jy hier plat, vuil uitgestrek met kankervlekke oor jou lyf niksseggend, taai-strak gesig […]
ZELDA SLOTHOOFSTUK
“Liewe dagboek. Om te dink ek is nou al sewe maande swanger. Nog so twee maande en klein Barend is daar. Die ginekeloog het vir ons bevestig dat die n seuntjie en ons het besluit om hom na Barend Vosloo te vernoem om ons altyd daaraan te herinner dat hy my leermeester en my mentor […]
Deur Die Oë Van Liefde
Deur Die Oë Van Liefde Verandering het ongesiens so geleidelik gekom— Die lagplooitjies, frons tussen die oë en voorkop raak dieper maar jy kom dit nie agter, sy is nog net so mooi vir hom, en hy nog net so mooi vir haar— Klere word bietjie ruimer gekoop, die hare begin wys die grys en […]
Die uitpraat van Gatiep Dumas
Jirre, djy’t my lankal mos ge-ve’giet. Seke’ omlat ek so sondig suip of dalkies omlat ek nie wil luiste’ hoe djy met dowe ore onse sonnige mense beluiste’ nie. Maa’ vandag gaan ek teen dié dowigheid-in complain en oor injustices rebél. Al is dit nou maa’ net om die klip op my bors so ‘n […]
Tortelduif
Koer-koer sit jy daar doer, ek hoor hoedat jy my roep, boer, boer, jy moet jou roer, voordat ek ophou met roep. Luister na daardie gefluister wanneer hemele begin lewe, bome in rooi skemer duister wat rustig in die wind bewe. Skaam verdwyn die maan, en vrolik sprei son sy strale, dit is tyd dat […]
Grouvrou
Gisteraand was ek weer ʼn grou vrou. Uitgestap onder die sekel maan en by my grou gat gaan sit. Ek het gegrou in my gat en al my toe gegroude rougoed gaan uit grou. Ek het diep gegrou….. deur my hart deur my siel gaan uithaal om net weer te rou. Die maan se lig […]