Jongste aktiwiteit:

Ewenaar van ons dink

soos ‘n brandsiek koud-kry brak
kom huil die klam winterwasem
om die huis se westehoek,
dit rittel en beef en
vat-vat aan die naat
van my corduroy-broek

maar, in die glinster
van my sjerrieglas
vonkel sillabes van
jou dink se loop
en ontbrand as weghol vure
wat warm deur my are bruis;

kruis en dwars oor die ewenaar
daar waar ons gedagtes
eufories oorkruis

© Anzé Bezuidenhout




Woorde is my asem en skryf my passie!!! Ek waardeer elke stukkie kritiek, verkieslik positief, maar kan die negatiewe ook hanteer. Dankie dat jy die tyd neem om na my werke te kyk en dit te beoordeel. Ek is n Boeremeisie in murg en been... mal oor die wye natuur van plaaslewe wat my omring Ek is getroud met die wonderlikste man (Willie). Ons is geseend met 3 pragtige dogters en 'n kleinseun en 3 kleindogters. My verhouding tot my Skepper loop baie diep en ek dank Hom elke dag vir al die voorregte en genade gawes wat ek so onverdiend ontvang... Loutering is deel van my lewe en ook daarvoor dank ek Hom daagliks want dit maak dat daar altyd groei in my lewe is...

14 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed