Ewenaar van ons dink
soos ‘n brandsiek koud-kry brak
kom huil die klam winterwasem
om die huis se westehoek,
dit rittel en beef en
vat-vat aan die naat
van my corduroy-broek
maar, in die glinster
van my sjerrieglas
vonkel sillabes van
jou dink se loop
en ontbrand as weghol vure
wat warm deur my are bruis;
kruis en dwars oor die ewenaar
daar waar ons gedagtes
eufories oorkruis
© Anzé Bezuidenhout
14 Kommentare
-
-

Viooltjie
Die aangename warmte van samesyn kom mooi oor in hierdie gedig, Anze :-)
-

Evelyn van der Merwe
Goeie teenstellings gebruik.
-

Amaspoke
Jy beskryf die koue mooi. Pragtige skrywe
-

neels
Ek kry eintlik koud so mooi beskryf jy dit
-

Koekekranka
Nostalgies...? Koud...? Hetigbrandend sou ek sê! Pragtig gedoen Ounooi!
-

Kiekies
Hierdie gedig bring vonkelwyn bruising in my te weeg! Heeeerlik. Het jy bedoel om corduroy anders te spel?
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Palet
Puik geskryf..