Somer, sal jy?
Jou stem is stil en die nanag kil,
sonder jou, om aan vas te klou,
met die drome van die bose . . .
is nag hel, te erg om te vertel.
Met trane van ys as die bewys
van ‘n winternag sonder gelag,
en vra hy, moet hy vir ewig ly . . .
kom dagbreek dan lyk dit bleek.
Die gedagte aan jou in die nagte,
die droom van jou by die boom,
jou nabyheid help in die stryd . . .
op die stoep staan hy en roep.
Somer, ek vra jou, kom betower
hierdie siel, rusteloos en verniel,
kom sus hom, bring vrede en rus. . .
sal jy weer kom en my laat blom?
21/06/2016 © C. du Plessis
3 Kommentare
-
Anze
ek hou van jou binnerym.. baie mooi gepen
-
neels
soos altyd n plesier om jou werk te lees
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Kiekies
Die laaste strofe pluk aan my hart. Ek hoop somer sal antwoord en doen wat gevra word.