Uit die nag van stryd gebore
Uit die nag van stryd gebore Uit die nag van stryd gebore…Wapper ʼn vaandel langs harts water strome, helder soos glas… Die liefde was…eens so mooi soos perelsklokkies en sagte klanke…..Verlore….Uit die nag se stryd gebore…Weerloos staan onder vlymskerp tonge, verlaat die duif sy nes nood gedwonge, klap sy vlerk angstig verwilderd….Verlore….Uit die nag van […]
Verbode Traan
Verbode traan Wit en grys wolke vergader in die bloue ruim Op die randjie van die rif sit n wolf dood stil Sy oë strek ver oor die velde – lower groen waar die vygies tussen rotse deur, geel en pers paadjies blom Die natuur so mooi maar soms ook wreed Oorlewing is essensieel ons […]
OU KLIPHUIS
Ou kliphuis, eenkant in verlatenheid. Daar rondom jou is groot lukwarte bome waar in kinders kon baljaar. O watter stories kan jy tog vertel? Daar op jou grote stoep is daar gespeel, gelag. Ja, daar was kinderpret! Baie liefdeswoorde gefluister En drome gedroom. Onthou jy nog die kuiers rondom kaggelvuur? Die kinderskaterlag oor stories uit […]
EK KAN………in my TAAL!
Uniek is my taal. Afrikaans is my taal. Ek kan verduidelik, omskryf, besluit of verskoning vra in my taal. En as ek kwaad is, kan ek stry en vuur spoeg in my taal….donner, bliksem, wetter. Ek kan liefhê en liefde uitdeel. Ek kan jammer kry en simpatie gee. Ek kan parmantig wees en afjak in […]
KIND DAAR VER
Meisiekind daar ver, jy’s nooit te ver om aan te dink. Jy is met liefdes koorde aan my vasgebind. Jou seer is myne ook. Jou vreugde bring vir my geluk. Gebed is lyndrade Wat ons verbind en Ons laat vrede vind.
´n Gevoude duif
´n Gevoude duif As nog ´n naat vou bars daar in hierdie mens, ekke, ´n papierduif los en vlieg my lief, vir jou tot teenaan die verste oop en op en op en selfs hoër en hinter teen die hoop dat vere werklik vlerke word. Dit is beloof aan ieder wat lief dat tot die […]
DONDERDAG, 4: Wildsbokke
Wat is oorsaak en wat gevolg? Wie het as eerste verskyn, die hoender of die eier? Lank kan mens stry oor wat as eerste verskyn het. Ék in my beskeidenheid meen dat die natuur éintlik as eerste op die toneel verskyn het. Maar ander mense kan die werklikheid anders sien. Mos. Nè? Of hoe? Wanneer […]
RESENSIE: Die film, PHILOMENA
PHILOMENA, die film Philomena Lee, ‘n ierse meisie van veertien, het ‘n ou by ‘n kermis leer ken. Toe die swangerskap duidelik sigbaar was, is sy aan die Magdelena-Orde afgegee. Hier het sy met duisende ander ongetroude moeders in dosyne tehuise onder die swaarste ontberinge, as sondaar, haar lewe verbring. Haar familie het […]
Ek wou net gelukkig wees
Voorgedra effekte /byklanke en opname deur Marieta Calitz
MY MA SE LIEDJIES
MY MA SE LIEDJIES My ma maak liedjies; die kos brand aan. Sy sit net en kopkrap – die wêreld kan vergaan! Ma, maak heel my klere; ek loop al kaal. Ag nee, my kind, ek kan nie – ‘n liedjie gaan ek haal! Ou vrou, ek is nou honger; kom maak tog kos. Ag […]