Bloot menslik
ons is almal maar net mense ons maak foute ons kry seer stamp ons koppe kwes ons harte te onbeholpe, om te leer en ons krenk mekaar se egos ons kan onsself nie keer staan dan skansloos teen die terughou met bitter min, of klein verweer ons is almal maar net mense ons het letsels […]
Filander en Koket
Filander en Koket [Minnelied] Wanneer jy verslaap is alles deurmekaar Woorde hangend in die lug Afwagtend vir digvormliefkoosing ʼn spieëlbeeld van Afrikaans my taal So dwaal ek ongehinderd rond gaan ek voort Krap in die tuin en in die grond Maak wakker die slapende hond Nou kyk net die stoutpootjies in my tuin Hy is […]
Hunkerdroom
Waar slaap oor my kombers en drome my insluk, wandel ek in hunker met hoop. More wink my nader terwyl die son oogknip-knip en nog deurmekaar haar, met slaap in die oog na bo strompel en yl glimlag, want later sal haar strale skater. My hunkerdroom ontvou in beelde van jou, van nou en ek […]
Anders stil
Binne my is dit stil selfs my gedagtes se eggo’s ontbreek. Kalmte stap langs die stille poele en ek voel…dis anders stil. Die skadu’s speel vandag elders, verder weg van hier en nou dalk bo in die hemelblou Vrede kamp langs die harts vuur uit en ek voel…dis anders rou. ©Velma Barnard 04/08/2016
Nokkie Andreas se trek.
Nokkie Andreas se Trek. Nokkie Andreas is blind. Hy is ’n Xhosa. Hy is nie meer jonk nie maar hy onthou goed. “Nee dit was daai tyd toe die mense van Potjiestroom hier kom en sê hulle wil vir Riemvasmaak hê. Toe’t alle mense bymekaargekom en ons Andreasse van Bok-se-puts ook. Toe sê die mense […]
Groot skryf kompetisie amper op sy einde
Vriende ons is by Augustus en die einde van die kompetisie word nou in dae getel. Ek wil al die lede wat deel is van die groot skryf kompetisie net weer herinner aan die feit dat ek van 1 – 9 September 2016 die volledige inskrywings moet ontvang. Jou volledige inskrywing (maw AL jou plasings […]
Suiderkruis
Die lug lê alkant, bokant, wolkloos bloot en die sterre skitter duisende van jare en ek? Ek dommel willoos in my sloot soos sooie voor die ploeg se skare om vars op wieke van die na-nag wind hulpeloos maar net te lê en wag en wag op tyd wat alles tydloos help ontbind; ja, selfs […]
Gebed van ‘n dowe
My lippe wil luid U Grootheid besing, aan U, troue Heer, my danklied U bring. Al lê die dood in die skulp van my oor gee U tog oordadig aan my sien die gehoor ; word sig van kleur gevormde klank in my brein; word skoenlapperfladder eteries refrein; die heen-en-weer-wieg van grassies en blaar hoorbaar […]
Ontvlugting
Ontvlugting Ek wil ontvlug in die sublieme skoonheid van woord en lied— Ek wil ontvlug in sielsverrykende gedagtes wat my lig uit die sleur van die daaglikse alledaagsheid met raaksê ongekruide woorde met ryke betekenis en impak dat ek op wieke van skoonheid ‘n wyle platvloersheid ontvlug— O, ek wil ontvlug in al die hemelse […]
POPLAP
Stukkend. Neergesmyt. Jou voet in skerwe opgebreek. Weer vasgeplak, gegom. Elk’ deeltjie op sy plek. Dis jy, my kind. Hoe word jou hart weer heelgemaak? En watse gom sal hom kan plak? Jesus bloed is gom vir jou. Die stukkies opgetel, ‘n plek gekry, vasgeplak en toegedraai. As iemand kyk, sal niemand weet jou hart […]