Jongste aktiwiteit:

2016(Bladsy 101)

Wanneer die dag draai sal die donker wolke padgee die glimlag van die son verbrysel in sy vlamme krag Sypel die lied van die veld onder die skaduwee van ‘n boom in die stilte versplinter kil en onbemin Draai die maan haar rug op die middag sug maar in ‘n blits van trou in die […]

Knus pas die donker se jas om my psige wat rond tas, waar deurlating van lig slegs ‘n mite is. Selfs die ritseling van blare is ‘n droom wat net waar word in die roering van die wind, waar dit uit my longe rigting vind. Na buite, na bo verrys dit sonder stop of terugdraai, […]

Die vlerke flap fladder-fladder, terwyl spiere oor vlerkspan in harmonie saamwerk, om so, deur die lug te trek. Die lug stroom, asof in droom om vaart belynde vorm en ‘n mossie swiep vinnig verby om seerkry te vermy, maar in jou kyk is waar die aarde in veelkleur resoneer wagtend met asem…opgehou vir die oomblik […]

“Ek vra: Het djy maskien passeerde nag die dood se pêrre ingewag dat djy vandag so dikbek hang? Want hoekom is djou lip so styf getrêk soos styfgespanne voëltjiesrêk of waterskilpadvasbytbêk?” (…Ek siet die grafnismense loep ve’by in Winkelstraat, hoor hoe gladbêk hulle oor die vrou wat dood is praat en elle’s kweel ‘n tjind […]

statig onder skelle Bosveldson staan jy in trotse saluut met kroon in eerbied gebuig blare wat fyntjies na vlieswolke loer ‘wyl tak-arms malvalekker-wolke in liefde streel grondlangs kruip grasspriet wyd in die Heer se genade om rante van wild se voetval pad in gebed te omsoom © Anzé Bezuidenhout

in die na-nag wil ek jou aura met vetkrytpunt in reënboogkleure oor handgemaakte sy-papier kom skets, so jou siel vasbundel met die ink van my pen op lelieblank papier met rou emosies wat eb en vloed en oë wat net vir jou alleen gloed © Anzé Bezuidenhout

Saterdagoggend. Bokka is nie hier nie, maar om langs die see en al met die strand langs te stap, voel ek sy teenwoordigheid in die gees. In my kop gesels ek met hom. In my ore hoor ek hom antwoord. Agter my ooglede sien ek hom. Daar is geen rede hoekom ek haastig moet raak […]

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed