ZELDA HFSTK 13
Die paar dae tot hulle troudag is n besige tydperk om alles gereël te kry. Rosa en Zelda is heeldag bedags besig met reëlings en Manuel neem Maria en oupa bedags op besigtings toere die wêreld vol. Dit is saans wat daar tot laat gekuier word maar die Vrydagaand voor die troue vertrek almal vroeg […]
JOSEF IN DIE PUT
Gen.37:23-28 O Here, hoe kom ek hier uit? Die wande’s glad en steil en hoog. Ek klouter, gly en val. ‘k Sal weer probeer. Ek moet hier uit! Daarbo’s die lig! Ek klouter, gly en val. ‘k Sal wéér probeer. Verniet. Uitasem, magt’loos, bly ek maar net sit. O Here, hoor my klag! Stuur uitkoms, […]
GEBED VAN ‘N MA VIR HAAR VOLWASSE KIND
Al kan ek jou nie meer, soos lank gelede, aan my boesem hou, kan ek nog steeds, in die gebed, my arms om jou vou.
Lewensverloop
Lewensverloop My lewensverloop is opgeteken en gebêre in my geheuekluise— Die begin is in rustige skoonskrif toe die lewe net sonskyn en vreugde was en die geliefdes vir altyd daar sal wees want die ouderdom en die dood was verweg vaaghede— Die Sturm und Drang tydperk het ‘n paar gekrapte reëls gevolg deur ‘n lang […]
SWEEF SOOS ‘n AREND
Suster en swarrie kom kuier hier in die Kaap. Hulle is avontuurlustig en natuur bewonderaars. My ystervrou dogter en haar man wil ook saam kuier. Hulle is ook avontuurlustig. Ek is alleen hier want Bokka is terug na die bos van Afrika, om ons brood te verdien. Ek is in die minderheid en het geen […]
As dinge skuins neuk
Soms moet n ding wat skuins in jou derms le oorloop en uitloop sodat dit kan aan neuk maar jy bekyk hom voor hy aan neuk want jy wil daai ding se dat hy nie hier in jou binneste binne weer mag kom le nie….. want die liefde is n donnerse mooi ding en my […]
Onthou om te huppel (vir Klarissa, met haar 21ste verjaardag)
Huppel over berge en heuwels volg die kronkelpaadjies wat oor veld en vlaktes vurk en hurk langs die spikkeleier van ‘n bloukraanvoël. Kyk, dit lê op barre aarde tussen klippertjies en gras. Skulp die kuiken van ‘n kolgans in die holte van jou palms vas voel hoe sag voel veredons as jou vingers daaroor streel […]
Tracy het nie n huis nie
Tracy het nie ʼn huis nie… Die Sondag aand bring ons terug huis toe. Soos elke ander keer. Die kinders is honger en almal is half besig met sy eie Sondag blou. Ons ry verby ʼn verligte stoep waar die boemelaars reg maak vir die nag. In die verby ry sien ek ʼn roesbruin krul […]
Alfonso se kruis
Ons lê almal op ʼn hoop op die dagbed. Moeg ge-son en moeg ge-sand. Met die uitloer na al die dinge wat sommer hier op ons gehuurde weskus voorstoep gebeur, merk ons ʼn vrou wat dwaal. Sy kyk en stap. Staan en kyk weer….. Ons snuggle voort. “Mamma wat soek die vrou hier voor ons […]
Uurglas vries
Wange veerlig, veilig in handpalms gekelk praat oë van vervloë wat beide onthou – tye van saamsmelt volkome behoort vry- ongebonde sorge oorboord Wedersydse besef klankloos verstaan waaroor unieke teer- oomblik gaan herinnering kleurvol in rooi, wit en goud veilig diep-gesluit in kis van Geelhout So vries die uurglas sandkorrels versteen vir etlike oomblik vir […]