Jongste aktiwiteit:

Uurglas vries

Wange veerlig, veilig
in handpalms gekelk
praat oë van vervloë
wat beide onthou –
tye van saamsmelt
volkome behoort
vry- ongebonde
sorge oorboord

Wedersydse besef
klankloos verstaan
waaroor unieke
teer- oomblik gaan
herinnering kleurvol
in rooi, wit en goud
veilig diep-gesluit
in kis van Geelhout

So vries die uurglas
sandkorrels versteen
vir etlike oomblik
vir ewig – net een
ritmiese hartklop
tik lewens voort
want deur Sy wil
is dit hoe dit hoort




Ek skryf om leeg te word van wêreldse struikelblokke en voller te word met die talent wat my Skepper aan my toevertrou het. So glo ek dat mens tree vir tree en woord vir woord eendag weer oorwinning sal behaal.

6 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed