Die Boland rus in onskuld
Die Boland lê en sluimer In hierdie skoonste môre-uur En geen een kan dit beskryf in woord of taal. Bo hoë en verre pieke Ontvlam die dag in amber vuur – Lig gebore om ten hemele te straal. Alles wat nog donker was Nestel koud (dog in goud se glim) – Dis die winterson wat […]
Woefies en Kietsies
Woefies en Kietsies ( My Lollotjie is Saterdagaand aan ‘n hartaanval dood) Die getroue troeteldiertjies sterf en daar is geen hoop op weersiens jy huil en rou oor jou dierekindjie die vaarwel was finaal daar is geen hondjiehemel en geen katjiehemel jy moes dit vir hulle hemel op aarde gemaak het in hul kort tydige […]
In die skadu van die berge
In die skemer van die berge doringboom aan elke kant – sit alleen die tenger vroutjie op die grens van niemandsland Wiegend neurie sonder woorde want haar siel is weggevat – môre kom die nare drome op haar skewe kronkelpad Maar sy luister na geluide uit die Skepper se natuur – wink kromvinger na die […]
stof tot stof
stof tot stof fill your paper with the breathings of your heart – William Wordsworth as winter koue vingers in die binnekante van jou bors inslaan, gedagtes terugflits na somer se hitte, speel die sagtheid van blomme en keuses deur die harde vloei van jou gemoed… wonder jy oor vrywees, oor liefde en die skepping… […]
doolhof
doolhof love looks not with the eyes – William Shakespear soms kom daar pyn en steek vas teen die sagkant van ‘n hart, borrel protes spasties, krampagtig klouend teen die lewe se plig… en asof afkerig van weelde sloer jy voort met die bekende van rekenskap gee, armoede te verhoed… dalk jouself te vind, iewers […]
ZELDA HFSTK 9
HOOFSTUK 8 Toe hulle by die huis kom en Zelda wil begin kos maak keer Paul haar: “Gaan stort en maak jou mooi, ek en jy gaan vanaand uit vir ete. Vanaand is n spesiale aand vir ons twee en ek het klaar vir ons n tafel bespreek by daardie restuarant by die rivier”. Zelda […]
Indrukke: Verbeel jou dis somer deur Abraham H. de Vries
“Ek ken min skrywers wat ’n mens so bewus kan maak van die onafheid van alles, die gebrokenheid van die wêreld.” – Joan Hambidge “Die ernstige De Vries skryf pynlike, maar kragtige verhale.” – Louise Viljoen Ek het Verbeel jou dis somer by my plaaslike Exclusive Books aangeskaf en is nie teleurgesteld nie. De Vries […]
Oseaan melodie
Stille neurie-lied van die see met heimwee gevulde stem wou haar saggies-sproeiwink nader steeds nader bly wink meganies en in tranewaas sonder ‘n huiwer of versuim het sy kruipend nader gehaas Aandagtig sit sy en luister na onheilspellende woord neurie sy oor die toekoms met hartseerwals-akkoord of sag in suiwer sopraan in afwagtend’ oor nou […]
Projek – Winter-nostalgie (1 Junie 2016 tot 30 Junie 2016)
Winter is voor die deur, en soos gebruiklik is dit sop en snysels, warm komberse en ‘n kaggelvuur, vir sommige heerlike likeur of ‘n stomende koppie koffie. Die herinneringe aan kindertyd tydens winter is altyd ‘n nostalgiese affêre, en tog vergelyk so baie digters die afvalligheid van liefde met winter. Dit is ‘n seisoen sonder […]
Ek hoop dit gaan eendag minder seermaak …
vanaand loop jy weer vrylik rond gestewel en gespoor, in my kop hoe hard ek ookal mag probeer ek kan die herinnering nie stop ek onthou weer elke klein gebaar jou stem, jou lyf, jou lag ek onthou hoe het ons planne gemaak en hoe ek vir jou sou wag jou stasie-groet was kort en […]