ZELDA HFSTK 10
Paul kyk Simon vraend aan en dit is duidelik dat Simon bietjie ongemaklik is maar kom dit tog uit: “Meneer Paul my seun vertel hier is n gang van Soweto wat n robbery beplan. Hulle ry n swart BMW met n GP nommer. Hy sê daar is vier van hulle. Hulle het daar in die […]
‘n ALKOLIS SE VERNOOT
Ek sit hom op die gewonde toonbank neer hy is leeg net soos ek die bottel met sy goue tuitmond glimlag getooi in sy judas doodsjas en ek sit hier en klou aan die toonbank waar ‘n ou ‘n asbakkie mis as en musiek speel en almal lag Ek kyk na my hande oud en […]
Outyds, Modern
Outyds, Modern? (Satire) Wat ons vroeër gedink het is reg is nou nie meer heeltemal reg of bloot nie in maar merkwaardig aanvaarbaar indien nie té motgevreet oud aan norme gemeet— Wat ons gedink het is verkeerd sê hulle nou uitgeleerd bog, dis nou die inding as jy wil meeding met al die know hows […]
Die wens
Vicky maak haar oë stadig oop. ’n Vreemde geluid het haar wakker gemaak, amper soos iemand wat oor die houtvloer van haar slaapkamer loop. Sy steek haar hand uit na die selfoon op die bedkassie. Dis net na sewe en die sewe-en-twintigste Junie. Hoekom voel dié datum so bekend, so asof daar iets vandag moet […]
Kom rus nou, hart
Kom rus nou, hart Hier binne my Kom rus nou, hart En raak weer reg Kom rus nou, hart Jy verdien dit tog Want jy, my hart het al hard geveg
Nouveau Riche
Nouveau Riche (Satire) My dae van armoede en pootuit swoeg en sweet bultuit met die baiesukkel se swaartrap en heuwelaf freewheel om asem te skep is lankal verby nou sweef ek veerlig bultuit met my wa-benz, sigaar in die mond lekker gemaklik agteroor wyl die sonbesies skree maar die air conditioner werk en die chauffeur […]
Brandewyn kruk
Simon, was jou rug sltyd so hoepelkrom … jou woorde altyd so roggelstom? Was jou oë se batterye altyd so glansloospap, so op-en-af-irriterend jou ‘One day at a time’ slingerstap? Simon, uitverkoop, van sy rots losgebreek en leeggestroop, gaap my mosselhart oor daai botteltjie wat jou ritteltithand nog voor die son-opkom se weer gaan sak, […]
NAWEEK: Wysbegeerde
Die filosoof sit gemaklik teen die stam van ‘n honderdjarige eikeboom aangeleun en beskou die natuur rondom hom. Hy bewonder die blou berge op die kim, die geil koringakkers, die blom- en groentetuine van die nabygeleë huise. „Maar,” sê hy, „ás daar ‘n God sou wees, hoekom laat Hy die swaar pampoene op sulke swak […]
Winter wasem
vensterbank gevlok vol sneeu op ‘n bitter koue, donker nag die maan is wreed en die wind kerf met tweelem brute krag wildeganse vlieg gou suid ontsnap uit winterkloue uit boomtakke silhoeët teen horison as hul kreunend krimp en kraak met die hemel grysgrou geskets sterre gevries aan wolkewand hoendervleis en klappertand in sout pupil […]
Natuurpalet
As die vuurbal se strale goud spikkels verskiet word kosbar’ ultraviolet oor kloof en vlakte gegiet Sonneblom bloos skaam in sy heldergeel raam wyl Gesiggies en Rose sag wieg in die wind Eenkant blêr ‘n verlore lam in die stoomwolk van ‘n kraal maar as die mis eers gaan lê sal sy pa hom wel […]