Bloeisels in my hart
Jy het ligvoet getrippel deur my hart se gange in sandput van smart het ons speels- saam die liefde loop tart Jy het onthou wat my gunsteling liedjie is vals saamgeneurie op ons lappieskombers wat op rivieroewer rus Jy het geluister na stem van oseaan waar sy weemoedig stom tog vreemd strelend haar heimwee lied […]
Kreef se straf
Waar hy meul teen die wind se koue hang kreun die klipbanke deur die kalm waters Sy witvleis breek uit sy dieprooi dop bloei die gety rooi oor die sand se bleek Wie sal hoor wie sal hoor wanneer die son se strale oor die stiltes bak
Bly
Ek sien hande wat my vashou In my seerste donkerblou Ek hoor iets soos passie Die ritme laat my dans Ek voel ‘n glimlag Dit laat my saamlag Ek skree my geheime Saggies in jou oor Jou lyftaal spreek veiligheid En ek glo elke woord Bly hier By my Vir altyd
Daar was ‘n mossie in Parys (vir Natalia ~ lente 2015)
die lenteson kruip weg, my kind die wind waai koud, ek weet die wolke lyk na reën, my kind maar laat ons nooit vergeet: die witste lelies kelk deur modder die hardste klip slyp tot diamant en die mooiste, mooiste sterre lê tussen ruwe rotse op die sand * mag jy woon in kamers vol […]
Brief uit Europa
Bêre vir my ñ stukkie heuningkoek uit die Kameeldoring se hol stam en sê vir die beeswagter, Maloek, ek kom huistoe as die Marlothi kersierooi vlam – as Blouberg so kwistig vergeel en die agtergeblewe voëls luidkeels in die Lukwartbome kweel. Hier in Europa is dit mistroostig nat die sneeu sprokiesmooi tot op die kerkklok […]
Saphira die Vegter
Die dag het net verkeerd begin. Faolan MacKeltar het by die kasteel opgedaag, sonder waarskuwing, met sy gevolg. Saphira het hulle amper almal vermorsel met ‘n kombinasie van haar towerkragte en fisiese sterkte. Nou sit sy in die geselskapsaal tussen Eolande – wat met groot oë na haar Feëtjie-pa kyk – en ‘n lawwe kalant […]
Die pers heks van Blommeland skryf ‘n gedig (oor die liefde)
My liefling – dit was lente en ek wou net laf wees (dis maar al) ek wou bloeisels ruik en lelies pluk waar hul wit kelk langs die stroompie teen die skuinste van die wal en ek wou gaan waar die daisies dans oor die vlaktes van Namakwaland en êrens tussen sand en klip weer […]
Miljoen myl mymering
Pikswart perdepote skets halfsirkels in sand stomend’ neusgate vleuel in sy grynslag geen teuel Maanhare wind-wapper as ruiter weer kind raak miljoene myl –mymering verberg in stofwolk waas Figuur en fors- hings smeltend stil saam êts stippelklein ver teen die rooibalgloed Snel so ongestoord op hul duet tog voort as hul vry- vol vrede oor […]
Wat kyk Mamma?
Ag, ek kyk maar deur die ruite na die blou lug en die wolke ek kyk sommer na die bome en hoe die winde daardeur waai. Ek kyk weer na die teerpad en die lamppaal voor die huis die tuin (wat bietjie droog is) en na die kiewiet en die kraai. Ek kyk tot […]
DIE LANGSTE DAG/ OPERASIE OVERLORD
Vanjaar, op 6 Junie, is die twee en sewentigste herdenking van operasie Overlord, die Gallieerde inval in Duits besette Europa gedurende die tweede wêreld-oorlog op 6 Junie 1944. Operase Overlord was die grootste militêre operasie in die geskiedenis van die mensdom. Een van die doelwitte was om Duits besette Europa van die tirannie van Adolf […]