Vakansie-liefde
elke dag saam met jou is soos vakansie hou op ‘n spierwit verlate strand net ek en jy hand aan hand wat soos kinders met ons tone in die sand kastele bou teen die hemelblou net daar vir mekaar kan wees vry soos die meeue wat branders aandurf sonder vrees jy is die koel seebries […]
Spookspore
Verlede spoke spore dans oor mens se reg in heiligste plek
Die luiperd by die lam
Die luiperd by die lam Volkerelande verander in vestings mense soos voëls ingehok vir behoud binne uitgestrekte voëlkou-grense maar vyande breek deur linies en verberg op lywe koeëls vermom en offer self as bomme vervul so hul ewigheidswense dan panieke geskarrel vir rammelende aanrollende tenk… Die kind se speelse kettie word in grootmenshande ‘n vuig […]
Renosterstropery (Haikoe)
Droë rivierloop skitter in die laatdagson Aasvoëls sirkel hoog
Kategorie: Gelaaide WOORDe
Kategorie: Gelaaide WOORDe Duits het ‘n woord verloor, ‘n afleiding van die grondwoord Volk: Die byvoeglike naamwoord völkisch. Ons woord is volks. So: „’n volkse eienskap”, iets wat met die volk te doen het. Die nasionaalsosialiste met hul koerant „Völkischer Beobachter “ (Volkse Waarnemer/Bespieder) het die begrippe Volk en völkisch tydens die derde ryk soseer […]
‘n Ander Eva . . . Eva* van die Kaap
Eva was ‘n meisiekind, ‘n Khoikhoi van die Kaap. Bedags het sy in die veld gespeel, snags het sy onder die Suiderkruis en ‘n goue maan geslaap. Sy’t geweet hoe klink die uil se roep en die jakkalswelp se huil. Die kras van ‘n honger see-meeu het in die holte van haar keel geskuil. Ook […]
Liefdeshart
Ek gee my hart aan jou om liefdeslelies in te plant Jy laat omgeestrome vrylik vloei fyn rooi passierose verskyn jy rig die gebreekte wingerd weer op om ons liefdes vrug te dra moedig bang rankrosies aan om te ontknop met groot geduld en verdraagsaamheid koester jy die skaam viooltjies verwyder jy die koppige onkruid […]
Liefde
my lief ek gee my hart aan jou jy gee jou hart aan my jy slyp my skerp punte rond ek brei jou tot sagte klei jy deel my diepste geheime jy bêre dit in jou hart jy deel my diepste vreugdes ek jou diepste smart jy is vir my die spieël wat my wys […]
Eerste liefde
soos ‘n fyn broos rein wit skugter roos het ons liefde weergaloos skaam-bang ontwaak maagdelike botsels teer versorg deur ons bewaar gekoester beskerm teen gevaar kon tot volle wasdom kom ons liefdesroos oopkelk en blom
Die grond is ‘n sagmoedige ma
die grond se sagte hart klop onder my waar sorgsame organiese materiale haar hart gesond hou ruimtelike porieë rustig asemhaal knussige gronddeeltjies omarm die drade van lewe lewende grondwater die groeikrag gee – ‘n sagmoedige ma wat haar kinders omsien © Roeline *organiese materiale om in ‘n maklike taal te verduidelik – is die kos […]